NewsSchools

Horison spog met ‘n nuwe Waardetuin

Die Horie-familie poog om 'n goeie fondasie vir hul leerders neer te lê deur middel van 'n pragtige tuin wat hulle elke dag daaraan herinner.

Laerskool Horison het daarna uitgesien om op Maandag, 5 September hul spinternuwe Waardetuin te open.

Die Waardetuin word geopen.

Dié tuin is onlangs met die hulp van ‘n borg deur Renico Construction aangelê. Volgens skoolwoordvoerder Annamien Smith word daar gepoog om die skool se sewe waardes by die leerders vas te lê, daarom is die Waardetuin geskep.

“Ons is trots daarop om as ‘n waardegedrewe skool te funksioneer. Die sewe waardes waarop ons fokus is trots, respek, omgee, verantwoordelikheid, betroubaarheid, regverdigheid en eerlikheid. Die tuin sal dié waardes voorstel en die leerders elke dag daaraan herinner,” het sy vertel.

Die Waardetuin is amptelik deur Renico se onderhoudsbestuurder, Innus Liebenberg en die skoolbeheerliggaam in gebruik geneen. Leerders kon ook vir die eerste keer deur die tuin stap.

In die toekoms sal alle nuwe graad 1-leerders op hul eerste skooldag deur die tuin stap as ‘n simbool dat hulle die skool se waardes aanneem. Op hul laaste skooldag in graad 7 sal die leerders vir oulaas weer deur die tuin stap as simbool dat hierdie waardes vasgelê is.

Die Horie-familie is opgewonde om die Waardetuin te open.

“Ons hoop om met ons waardestelsel al ons leerders toe te rus met die nodige vaardighede om as kompas op hul lewenspad te dien,” het Annamien ten slotte vertel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button