“Na ‘n besige jaar vol baie aktiwiteite, hard leer, wedstryde, toetse en eksamen is dit tyd om rustig te raak, af te skakel en bestekopname te neem.
Oppe en affe, oorwinnings en teleurstellings … van een ding is ons verseker – dat alles net genade uit ons Hemelse Vader se liefdevolle Hand is.
Ons groet 2022 met dankbaarheid en ons sien uit na 2023 met nederigheid en verwagting.
Mag elke Kruiner, ouer, personeellid, terreinwerker en Kruinerondersteuner ‘n Geseënde Kersgety beleef.
U volgehoue ondersteuning word opreg waardeer. Ons besef dat kinders ouers se kosbaarste besitting is en daarom koester ons van ons jongste Klitsie tot ons oudste Kruiner.”
Kruinergroete,
Peet Badenhorst
Trotse hoof van Laerskool Helderkruin



