Crime

Vandale teiken LS Horison

Laerskool Horison is vasbeslote om die vandale vas te trek en hulle aanspreeklik te hou vir hul dade.

Laerskool Horison is in die vroeë oggendure van Maandag, 21 Februarie gevandaliseer.

Volgens beheerliggaamvoorsitter Louis Fourie is daar vroegoggend ontdek dat ‘n groep persone onwettig toegang tot die skool verkry het en vulgêre, onvanpaste en neerhalende graffiti op verskeie plekke rondom die skool geverf het.

“Met ontdekking is die geaffekteerde areas onmiddellik afgesper om te verhoed dat enige leerders blootgestel word aan die onvanpaste taal en beelde wat in die graffiti uitgebeeld word,” sê Fourie.

“Die skool het vinnig opgetree om die graffiti te bedek en oor te verf om die respekvolle leeromgewing te herstel.”

Fourie beklemtoon Laerskool Horison neem die opsetlike skending van skooleiendom in ‘n baie ernstige lig en is vasbeslote om te verseker dat die persone wat vir hierdie gruwelike oortreding verantwoordelik is, aan die pen sal ry.

“Gelukkig het die skool se kringtelevisiekameras baie duidelike beelde van die skuldiges vasgelê,” sê hy.

“’n Polisiesaak is reeds geopen en ‘n ondersoek is aan die gang om te verseker dat toepaslike stappe teen diegene wat verantwoordelik is geneem word.

“Die welstand van ons leerders is ons topprioriteit, en ons sal voortgaan om alle nodige voorsorgmaatreëls te tref om ‘n bevorderlike leeromgewing te handhaaf.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button