EntertainmentLocal newsSport

‘n Titel vir Janu

Janu van Heerden is onlangs verras met 'n besoek van plaaslike stoeiers.

Dit is altyd ‘n groot oomblik wanneer jy die geleentheid het om ‘n plaaslike sportster te ontmoet, maar, wanneer hierdie sportster net so opgewonde is om jou te ontmoet, is dit net soveel meer spesiaal.

Janu van Heerden saam met plaaslike stoeier, The Loudmouth (Donovan Blignaut).
Phillip, Janu en Luhan van Heerden saam met plaaslike stoeier, The Loudmouth (Donovan Blignaut).

Dit was onlangs die geval vir die negejarige Janu van Heerden toe hy die geleentheid gehad het om nie net skouers te skuur met ‘n plaaslike stoeier nie, maar ook die kans gehad het om hierdie stoeier se titel oor sy eie skouer te kon dra vir ‘n rukkie.

The Loudmouth, die Champions Pro Wrestling (CPW) All Africa en Tag Team kampioen het Janu se storie wat in die Record van 11 November gepubliseer is, gelees en dadelik besluit dat hy vir Janu wil ontmoet.

Lees ook: ‘Hier is ek, my naam is Janu’

The Loudmouth, oftewel Donovan Blignaut, het verduidelik, “CPW se teenboelieveldtog het ongeveer ses jaar gelede begin as deel van ons sosiale verantwoordelikheid. Die stoeiers besoek skole waar hulle dan met die leerders oor boelies en dwelms praat, en ons probeer ook gewoonlik om, wanneer ons vertonings hou, by van die skole in die omgewing besoek af te lê. Ongelukkig het Covid-19 hierdie veldtog van ons bietjie omver gegooi, maar ons beplan om in 2023 weer in volle swang te wees.”

Janu en Luhan van Heerden kyk of hulle van die stoeiers kan herken. Foto’s: Adéle Bloem.
Janu van Heerden saam met plaaslike stoeier, The Loudmouth (Donovan Blignaut).

Hy het bygevoeg dat Janu se storie sy hartsnare geraak het, “Toe ek Janu se storie gelees het, het ek geweet dat ons iets vir hom moet doen om erkenning aan hom te gee. Die feit dat hy, al word hy self geboelie, nie twee keer dink om vir ‘n ander kind wat ook geboelie word, op te staan, maak van hom ‘n kampioen.”

Lees ook: Sturge-Weber-sindroom, dit is hoekom ek anders lyk

Janu en sy boeties is almal bederf met kepsies en ‘n The Loudmouth versamelaarskaart, maar Janu se oë het gerek toe hy ‘n spesiale plakkaat met die CPW stoeiers se handtekening daarop ontvang het, asook toe hy die geleentheid gekry het om saam met The Loudmouth te poseer vir ‘n foto, met die The Loudmouth se titel oor sy skouer.

Janu van Heerden saam met plaaslike stoeier, The Loudmouth (Donovan Blignaut).

Terwyl Janu breed geglimlag het met die titel oor sy skouer het Donovan gesê, “Janu, jy is ‘n baie spesiale seun met ‘n groot persoonlikheid en groot hart wat daarby pas. Jy is ‘n ware kampioen, en ons, as stoeiers, wil vir jou dankie sê dat jy opstaan vir dié wat geboelie word, al is dit nie altyd maklik nie.”

Lees ook: Dit is elke ouer se droom om sy kind gelukkig te sien

Die ontmoeting is beslis een wat ‘n groot indruk op elke lid van die Van Heerden-gesin gemaak het, en Janu het gesê, “Ek wil net dankie sê vir die stoeiers vir al die geskenke. Dit is lekker om te weet dat daar nog ander mense is wat ook opstaan teen boelies. Ek en my broers is baie opgewonde om die stoeivertoning wat op 9 Desember plaasvind, te gaan kyk!”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button