Marl Opperman (o12) skitter tydens die 1 200m item.
Laerskool Roodekrans se atletiekseisoen gaan die jaar van krag tot krag, met 35 van hul atlete wat vir die Gauteng-kampioenskappe gekwalifiseer het.
Roodies het op 19 Februarie, by die Ruimsig Stadion aan die D12-kampioenskappe deelgeneem en besonder goed presteer. Volgens die skool se skakelbeampte, Liandi le Roux, het 39 Roodies aan die kompetisie deelgeneem.
Madison King (o9) het eerste in die 60m en tweede in die 80m naellope geindig.Jaden Basson (o13) haal uit en wys tydens die 800m resies.
“Dit was ‘n dag gevul met ongelooflike talent, deursettingsvermoë en uitsonderlike geesdrif,” sê sy.
“Hierdie atlete neem op 13 en 14 Maart by die Germiston Stadion aan die Gauteng-kampioenskappe deel, en ons twyfel nie dat hulle Roodies se naam weereens hoog sal hou nie. “Ons is ongelooflik trots op elke atleet wat deelgeneem het. Baie geluk aan die top twee atlete per item wat gekwalifiseer het, asook aan dié wat naelskraap die kwalifisering misgeloop het,” sluit sy af.
"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years.
He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community.
"