Local news

Kruiners word 40!

Kruiners het ter viering van die skool se 40ste bestaansjaar 40 verjaardagkoeke versier.

Laerskool Helderkruin het op 13 Maart hul 40ste bestaansjaar op feestelike wyse gevier met ’n prettige kompetisie.

Volgens die skool se skakelbeampte, Christelle Herselman, is die junior leerders op die skool se rugbyveld opgestel in die vorm van ’n massiewe “40”, waarna hulle die unieke geleentheid gehad het om 40 verjaardagkoeke te versier.

Juffrou Danille Strydom saam met Abigail Rykaart, Richan Fritz, Milcah du Plessis, en Atlengsoane Sebilaone, by hulle koekversiering. Foto ingestuur.
Juffrou Hanli van Zyl met Mila Durand, Pieter van Deventer, Luan du Preeus, en Charlotte Bezuidenhout by hul superheld-geinspireede verjaardagkoek. Foto ingestuur.

“Die leerders het hulle kreatiwiteit ten volle ontgin en sommige van die versierde koeke het ons beoordelaars se asems behoorlik weggeslaan,” sê sy.

Die versierstasies is in ‘n massiewe 40 op die skool se rugbyveld rangskik. Foto ingestuur.

Sy voeg by: “Die hoogtepunt van die oggend was egter nie net die versiering of beoordeling van die koeke nie, maar die oomblik toe die leerders uiteindelik toegelaat is om in te val en aan hul eie skeppings te proe.”

Lees ook: SPCA saves a buzzard’s life

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button