Schools

Graad 6 leerders vertel hoe hulle voel oor Graad 7

Die nuwe jaar hou vir graad ses leerders van Laerskool Dr Havinga baie opgewondenheid in.

Laerskool Dr Havinga se graad ses leerders deel hulle gevoelens om na graad sewe oor te gaan.

“Ek kan nie wag vir 2024 nie, daar is so baie goed waarna ek uitsien. Graad sewe gaan nie maklik wees nie, maar ek weet ons onnies sal my mooi bystaan. Ek is ‘n leier in 2024 en ek gaan regtig my bes doen om ‘n goeie voorbeeld vir my maats te wees,” het Luan Louw vertel.

Luan Louw. Foto: Verskaf.

“Ek is nie gespanne oor graad sewe nie, want ek weet God is reeds daar en Hy sal my help. Ek is baie opgewonde, en sal God vra om te help om die regte keuses te maak,” het Ntsikilelo Ngcukana gesê.

Ntsikilelo Ngcukana. Foto: Verskaf.

“Ek is volgende jaar ‘n trotse leier van my skool, ek is baie dankbaar en sien sommer baie uit na 2024,” het Annelize Dreyer afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button