Schools

Florries woeker met kaskarre en potjiekos

Florries het verlede Saterdag behoorlik tydens hul kaskar- en potjiekosdag fees gevier.

Laerskool Florida se jaarlikse Kaskardag het die afgelope Saterdag groot aftrek geniet.

Volgens die skool se skakelbeampte, Melissa Kruger, het hulle hierdie jaar besluit om behoorlik fees te vier deur terselfdertyd ‘n heerlike mark sowel as ‘n potjiekoskompetisie aan te bied.

Rianita Kerwan en Sonet de Beer.

Die geleentheid is voorafgegaan deur die skool se opedag, waar voornemende Florries en hul ouers eerstehands kon beleef waarom Florries ‘n leidende skool in die plaaslike gemeenskap is.

Die mark, wat met ‘n wye verskeidenheid stalletjies gespog het, was die ideale geleentheid vir plaaslike besighede om hul ware aan die publiek ten toon te stel en is geesdriftig deur markbesoekers ondersteun.

Florries se kaskarspanne spook dit uit op die ‘renbaan’

Die verruklike reuk van potjiekos het swaar oor die skool se sportveld gehang en bobaas potmeesters het alles in die spel gewerp om met groot trots hul kundigheid ten toon te stel.

Melissa voeg by dat dit noukeurige smul en beraadslagingsessies gekos het om uiteindelik die wenners te bepaal.

Daleen Klopper het as top potbestuurder uit die stryd getree met Danie Stander in tweede plek. Rianita Kerwan het derde plek beklee terwyl Shaun Klopper en spanmaat Riaan Kruger die vierde plek volgestaan het.

Hein Coetzee van die Weltevreden Voortrekkers het in vyfde plek die kraal betree.

Die skool se kaskarspanne het hulle puik van hul taak gekwyt en vir groot opwinding gesorg.

“Die kaskarwedrenne het nie net vir spanning gesorg nie, maar ook vir baie skaterlagte en kameraderie tussen die deelnemende spanne,” sê Melissa.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button