Schools

Florries vier behoorlik fees!

Laerskool Florida se jaarlikse Florriefees was een vir die boeke.

Laerskool Florida se Florriefees was vanjaar groter as ooit.

Die fees het Saterdag, 30 Augustus, sy hoogtepunt bereik met ’n heerlike uitspat-pretdag, wat onder andere ’n wye verskeidenheid stalletjies en ’n reuse-springkasteel ingesluit het.

Daar was genoeg om te doen vir oud en jonk, en die sportgronde by Hoërskool Florida was van vroegoggend al in rep en roer. Die personeel van die indrukwekkende springkasteel kon nie vinnig genoeg die verrigtinge aan die gang kry vir die opgewonde kinders nie.

Oupa en ouma Willie en Anne Beetge geniet die dag saam met kleinkinders Mondrè, Vaughnique, en Roxy-Lee.

Oraloor het die Florries deelgeneem aan verskillende speletjies en aantreklikhede soos gesigverf, vissievang en vele meer, terwyl ouers en gemeenskapslede deur die menigte stalletjies gesoek het vir winskope en lekkernye.

Quinton Kingma en Bennie Strydom bou boerie-rolletjies.

Die Florriefees het vanjaar oor ’n hele week plaasgevind, met elke dag ’n ander gebeurtenis in die aanloop tot Saterdag se groot fees, onder andere ’n gek-sokkiedag, ’n kleurvolle bykomstighede-dag, ’n snaakse-hoed-dag en ’n lawwe-hare-dag.

Leatitia Boersen en Liz Strydom by Ons Skool Horison se stalletjie.

Die skoolweek is afgesluit met entrepreneursdag, waarna die hele skool Saterdag heelhartig aan die Florriefees deelgeneem het.

Onderwyseresse en assistente van Laerskool Florida.

Volgens die skool se skakelbeampte, Melissa Kruger, was die fees ’n reusesukses.

“Florries – en al die ander feesbesoekers – het hulle gate-uit geniet,” sê sy.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button