Schools

Hoërskool Florida vier 80 jaar se uitnemendheid in styl

Hoërskool Florida se 80ste verjaardagviering was een vir die boeke.

Oud word is nie vir sissies nie. Gelukkig is Hoërskool Florida nie net ’n geliefde instelling nie, maar steeds – 80 jaar later – een van die mees formidabele skole op die Wes-Rand.

Die skool het op Saterdag, 27 September, sy 80ste bestaansjaar in ware styl gevier met ’n massiewe “Van Toeka tot 80”-fees.

Die First Discovery Scouts by hul stalletjie.

Toe die hekke om 14:00 oopmaak, het oudleerders, ouers, leerders en vriende van heinde en verre die sportvelde ingevaar. Ten spyte van weer wat soms na reën geneig het, is die groot mylpaal met oorgawe gevier.

Malique Cloete (4) en Lia de Lange.

By die feesmark is daar behoorlik sake gedoen, met uitstallers wat alles van tuisgebak en biltong tot klere, bykomstighede en ander unieke produkte te koop aangebied het.

Helen en Dries de Klerk by hul stalletjie waar hulle fondse ingesamel het vir kleinseun Delarey se opkomende oorsese rugbytoer.

Die First Discovery Scouts het, soos altyd, die jongklomp vermaak met ’n verskeidenheid aktiwiteite, terwyl die biertent groot aftrek geniet het – danksy die grootskerm-rugby en die gesellige vure met die reuk van hardehout in die lug.

Loufi ryg treffer na treffer in.

Op die verhoog het die vermaaklikheidsprogram skares in hul honderde gelok. Die Penkoppe Boere Orkes het die verrigtinge afgeskop en die feestelike stemming met hul opgewekte tradisionele musiek behoorlik aangeblaas.

‘Michael Jackson’ en sy kitaarspeler in aksie op die verhoog.

Suid-Afrika se eie “Michael Jackson”, Michael Jonathan, en sy span dansers en agtergrondsangers het die energievlakke laat styg met ’n vuurwarm vertoning van ou gunstelinge – kompleet met kenmerkende MJ-danspassies.

Die Penkoppe Boere Orkes tydens hul vertoning.

Die musiek is vir ’n rukkie onderbreek vir die Springbokke se wedstryd teen Argentinië, waarna DJ Austen die feesvieringe weer aan die gang gesit het.

DJ Austen in aksie.

Musieksterre Loufi en Droomsindroom het die aand afgesluit met energieke optredes wat die viering op ’n hoogtepunt laat eindig het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button