LettersOpinion

Ons is trots op ons diensverskaffers

Carine Venter van Sterlig Aftree-oord skryf:

Die bestuur van Sterlig Aftree-oord wil net hul dank en waardering uitspreek oor die ongelooflike professionele diens wat ER24 lewer wanneer hulle uitgeroep word na ‘n noodsituasie by ons Oord.

Ons verwys hiermee spesifiek na die geval op Dinsdag om 2nm toe hulle uitgekom het na een van ons eenhede toe. Die deernis en persoonlike bystand waarmee hulle die persoon behandel het was iets om ons trots te maak op ons openbare diensverskaffers. Die twee jong manne het die hele tyd by Ongevalle gebly totdat die pasiënt opgeneem is.

Baie dankie van ons bestuur sowel as die familie van die persoon wat bygestaan is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button