LettersOpinion

Totsiens 2018, hallo 2019!

Dankie aan elke lid van die gemeenskap wat hul stories met my gedeel het hierdie jaar

So staan 2018 ook einde se kant toe, en al wat ek kan sê is, “Sjoe, wat ‘n jaar was dit nie!”

Dit was lank en uitputtend met vele uitdagings, vreugdes maar ook hartseer. Ek is net verlig dat ons heelhuids anderkant uitgekom het.

My wens vir hierdie Kerstydperk is om my voet van die versneller af te haal en rustig te raak; om tyd saam met my man en dogters te spandeer, en op hoogte te kom van wat in elkeen se lewens aangaan sodat ek weereens die belangrikheid van gesin en familie kan besef.

Ek gaan definitief hierdie Kers- en vakansieseisoen gebruik om nuwe tradisies te begin en baie herinneringe te skep.

Ek bedank hiermee graag al die Record se lojale lesers vir hul ondersteuning deur die jaar. Mag elkeen van julle ‘n geseënde Kersfees geniet en mag 2019 gevul wees met vreugde, geluk en seën.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Back to top button