LettersOpinion

Plak ‘n glimlag op jou gesig

Zelda Honeyball van Wilropark skryf:

Zelda Honeyball van Wilropark skryf:

Ek wys graag hierdie foto van my seun, Chase Honeyball met sy gesigmasker wat ek vir hom gemaak en geverf het. Die Covid-19 pandemie en die regulasie dat ons moet maskers dra, laat ‘n mens nie altyd lekker voel nie, maar Chase het besluit om die beste van hierdie saak te maak.

Hy hou sy gemoed hoog en sê ons kan nog steeds mooi lyk met ‘n masker! Hy glo dat as ons ons monde moet toehou, dan verf ons maar ‘n glimlag op. Verlede week by die winkel kon mense nie genoeg na sy masker kyk nie en hy het gesê, “‘n Mens kon aan die ander se oë sien hoe lekker hulle vir my groot glimlag op my masker gelag het!”

In dié omstandighede kan ons nog steeds ons gemoed positief hou en mekaar in moeilike tye laat lag.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button