
Ons kleindogter, Eldrie, het haar eerste verjaarsdag op 13 Mei gevier.
Hulle woon in Kaapstad, en weens die nasionale inperking kon ons nie daar wees om dit saam met haar te vier nie. Daarom het ek besluit om vir haar ‘n gediggie te skryf.
Aan: Eldrie, ons kroonprinsessie op jou eerste verjaarsdag Liefste EldrieVeels geluk! Jy is vandag ‘n hele jaar oud!Ons harte klop warm, al word dit al effens koud.
Ons harte klop vinnig; jy kan al kruip en staan – die eerste treetjies van die lewenspad waarop jy gaan. Ons harte is seer, want pa Jannie is nie meer by jouom jou te vertroetel, te bederf, en sommer net vas te hou.Maar goddank, ma Shani is daar om jou so mooi te versorg,met haar aan jou sy het jy ‘n lewenslange waarborgvan ‘n goeie opvoeding en die wil om te presteer.
Ons sou so graag op so ‘n besondere dag by jou wou wees,maar weet – ons is by jou in ons gedagtes en in ons gees.Mag die hemelse Vader jou pad vorentoe voorspoedig maak,en weet, ons liefde vir jou en jou moeder sal nooit opraak.



