LettersOpinion

Praat saam oor Covid-19 in Afrikaans

Die redakteur skryf:

Met die koms van die wêreldwye Covid-19 pandemie het baie dinge in ons alledaagse lewens verander. Ons het soveel nuwe dinge ervaar en goed gesien wat ons nie net angsbevange laat voel het nie, maar dit het ook ‘n permanente donker wolk oor ons lewens laat hang.

Die omstandighede waarin ons ons tans bevind, is nie noodwendig iets waaroor die draakgesteek moet word of ligtelik opgeneem moet word nie, maar, na meer as 100 dae in die een of ander vorm van inperking, het ons definitief iets nodig om die situasie ‘n bietjie beter te maak.

Dit is waarom ek die internet so ‘n bietjie gaan raadpleeg het, en ek moes net die juweel waarop ek afgekom het, met ons lesers deel. Ek kon nie ophou giggel nie toe ek op Afrikaans.com se webtuiste geland het en al die nuwe woorde en uitdrukkings lees wat oor die Covid-19 pandemie handel. Afrikaans.com het met die publiek saamgewerk om woorde te vind vir al die vreemde dinge wat ons skielik beleef, en die deelnemers het nie teleurgestel nie. Daar was soveel inskrywings dat ‘n hele Afrikaanse Covid-19 Woordeboek saamgestel kon word. (Die boek kan gratis afgelaai word hier.)

Hier is ‘n paar van die uitdrukkings/ woorde wat in die boek opgeneem is:

  • Pandemiepoets deur Karien van Huyssteen-Kleynscheldt  – Alles skoonmaak wat reeds skoongemaak is weens ‘n gebrek aan iets beter om te doen
  • Erfdraffie deur Wiekus van der Merwe  – Ons kan nie parkrun nie, daarom het ons elke Saterdag ons erfdraffie al om die huis
  • Ketelblaasgeraas deur Alecia van Zyl – Die vrees om die ketel aan te skakel, want dan wil almal koffie hê
  • Klikaktivis deur Truia Sutherland  – Die stoepsitters wat tuisbly en klik oor diegene wat nie tuisbly nie
  • Bekjassie deur Corrie Viljoen – Ander woord vir ‘n masker

Vir ‘n heerlike giggel en om jou dag so effe beter te maak, kyk na die Afrikaans.com Covid-19 video hier.

Tot volgende week, bly veilig en kyk sien om na mekaar …

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button