LettersOpinion

Dankie vir julle omgee

Sy suikervlak was so laag dat hy nie bewus was van wat om hom aangaan nie.

Sanet Schoeman van Roodepoort skryf:

Op Vrydag, 12 Februarie, het my man, Dennis Schoeman in die bus op pad na Westgate inmekaargesak. Die busbestuurder het by Westgate met die inspekteur, Norma, gepraat, en sy het Dennis vinnig te hulp gesnel. Was dit nie vir hulle nie, sou my man nie vandag hier gewees het nie.

Ek wil graag net dankie sĂȘ aan Norma wat gesorg het dat my man by die huis kon kom om behandeling te ontvang. Sy suikervlak was so laag dat hy nie bewus was van wat om hom aangaan nie.

Ek wil graag my dank betuig aan elke persoon by Metrobus wat ons gehelp het; julle omgee het ons diep geraak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button