LettersOpinion

Waar is die trots?

'Al wat hulle sê is, 'jammer', maar ons moet sukkel en met die ongerief sit'.

Ontstoke inwoner van Roodepoort skryf:

Dit is nou al langer as vier jaar sat die stukkie pad en brug by Suidweg onder konstruksie is, maar twee weke gelede is ‘n standbeeld van R4 000 by die Roodepoort-lisensiekantore opgerig.

Dan praat ons nie eers van die res nie; geboue wat sonder planne gebou word, afvalwater wat al jare lank in hoofdreineringspype afloop, stinkende damme (Groblerpark, Skinner-dam, Hamberg-dam, Florida-meer, Cecil Payne-dam by Maraisburg) en water wat nie vir menslike gebruik geskik is nie. Geen wonder daar is nou so baie siektes en sterftes hier nie.

Ek wonder of die pad en brug ooit in vyf jaar se tyd herstel sal wees. Daar word nou net jammer gesĂȘ, maar dit is ons wat moet sukkel en met die ongerief moet saamleef.

Wat ‘n skande! Waar is die Roodepoort-gemeenskap se trots?

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button