School sportSport

Florries wys Nories wie’s baas

Die eersterugbyspan van Hoerskool Florida het vir Noordheuwel van Krugersdorp op ‘n drafstap met 52-6 op Vrydag middag (31 Mei) afgereken. Dit was wel ‘n vriendskaplike wedstryd maar ongelukkig het die een skool die kragmeting meer ernstig opgeneem as die ander een. Noordheuwel het wel vroeg die voortou geneem deur ‘n strafdoel oor te klits, …

Die eersterugbyspan van Hoerskool Florida het vir Noordheuwel van Krugersdorp op ‘n drafstap met 52-6 op Vrydag middag (31 Mei) afgereken.

Dit was wel ‘n vriendskaplike wedstryd maar ongelukkig het die een skool die kragmeting meer ernstig opgeneem as die ander een. Noordheuwel het wel vroeg die voortou geneem deur ‘n strafdoel oor te klits, maar toe Florries eers begin wyd speel en ‘n paar fases opbou is dit asof daar geen keer was nie.

Florries het reeds teen halftyd 31-6 voorgeloop en altesaam agt drieë gedruk. Uitblinkers was Joseph Dweba en die spoedvraat Justin Bhana.

Maar Florries moet nie die oorwinning kop toe vat nie, want daar is nog ‘n Krugersdorp-span wat in vir hulle wag teen wie hulle regtig hulself kan meet, en dit is Monnas se Wit Bulle.

Die twee skole pak mekaar juis op 20 Julie op Monnas se veld in die Beeldtrofee en eers dan sal die manne van die muise geskei word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button