School sportSport

Vulstasie aan boord vir Sentraal-Wes se 15/15 Aand-reeks

Kruiners spog met nuwe uitrusting met Total as borg.

Total, een van die wêreld se groot olie- en brandstofmaatskappye is net nog een van talle borge om aan boord te gaan en betrokke te raak by vanjaar se opwindende Sentraal-Wes Laerskole Krieketunie se 15/15 Aandreeks.

Dit nadat Total-vulstasie in Helderkruin besluit het om die uitrusting van Laerskool Helderkruin se eerstekrieketspan te borg. Khosa Krieketklub is glo die hoofborg.

Die eienaar van Total Helderkruin, Marius Bruwer sê, “Dit is lekker om betrokke te wees by so ‘n reeks. Ons wens die mannetjies sterkte toe.”

Helderkruin het in 2007 laas die beker ingepalm en het hul veldtog op ‘n hoë noot afgeskop deur vir Weltevreden Park met 68 lopies te verniel.

Dit wys jou, al wat mens partykeer nodig het is ‘n bietjie brandstof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button