School sportSport

Ses van Bastion deel van Poorte se gedugte Hoërskole B-span

Leerlinge blink uit in albei oorwinnings.

Lee Roy Grey (Graad 10 en losskakel), Liaan Perry (Graad 11 en skrumskakel), Erran Taylor (Graad 10 en haker), Boeta Piater (Graad 11 en flank), Dean Holder (Graad 11 en vleuel) en Alec Heymans (Graad 11 en vaskopstut) is ses rugbyspelers van Hoërskool Bastion wat onlangs vir die o.18B-Roodepoort Rugbyklub se uitnodigingspan diens gedoen het.

Die span het albei hul wedstryde teen ‘n Leeus- en Pirates Rugbyklub-uitnodiginspan gemaklik met 41-17 en 41-22 onderskeidelik gewen.

Almal behalwe Alec Heymans (tweedespan) en Erran Taylor (o.16A) het ook vanjaar vir die skool se eersterugbyspan uitgedraf.

Boeta, is ook onlangs in die o.18-Goue Leeus se sewesspan opgeneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button