Editor's choiceLocal sportSport

Vier stoeiers in provinsiale streekspan opgeneem

Danie van Zyl Stoeiklub stoeiers presteer

Die stoeiers van die Danie van Zyl Stoeiklub het aan die afgelope Suid-Afrikaanse Kadette- asook Jeugkampioenskappe deelgeneem en baie goeie prestasies behaal.

Christopher Schaper het gedurende Julie aan die SA Kadettekampioenskappe deelgeneem, en ‘n gouemedalje verower.

Tydens die SA Jeugkampioenskappe, wat in Oktober plaasgevind het, het die medaljewenners met een goud, twee silwer en een brons weggestap. Johnny Esterhuizen het ‘n gouemedalje in die o.10-afdeling verower, Terrence Esterhuizen (o.11) en Darren Dickman (o.15) het elkeen ‘n silwermedalje verower terwyl Shuan Gallant ‘n bronsmedalje in die o.9-afdeling verower het.

Bo en behalwe hierdie prestasies is vier van die klub se stoeiers ook vir die Sentraal-Gautengse Noordvaalspan gekies. Dit is vir enige stoeier ‘n baie groot eer om hierdie span te haal, want daar word net 18 stoeiers vir die span gekies.

Shaun Gallant (regs) het ‘n bronsmedalje tydens die SA Jeugkampioenskappe verower.

 

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Adele Bloem

Adele Bloem has been writing for the Roodepoort Record/ Northsider since 2016 and covered a range of topics, including hard, municipal, school, sport and other community articles. Since 2019, she is the editor of the two Roodepoort newspapers, ensuring every loyal reader receives a quality offering jam packed with the news they want to read.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button