School sportSport

Hoërskool Florida trap dat die modder spat tydens MTB-wedren

Drie fietsryers het op 15 Februarie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Byeenkoms deelgeneem.

Hoërskool Florida se 16 bergfietsryers het op 8 Februarie deur reën en modder die jaar se eerste USN MTB-wedren aangedurf.

Die Florries-deelnemers was Maggie Taute, Anke Malan, Luis Karstens, Frederick van Aswegen, Joshua Smuts, Joshua Bowers, Albert Oosthuizen, Ben Carpenter, Ethan Ross, Dawie Coetzee, Alex de Clercq, Xavier Barnard, JD de Villiers, Jessica de Villiers, Henru Malan en Michael Carpenter.

Florries spog met Alex en Anke wat ‘n bronsmedalje, Henru wat ‘n silwermedalje, asook Michael en Jessica wat in hulle afsonderlike ouderdomsgroepe ‘n gouemedalje gewen het.

Drie van die fietsryers, Joshua, JD en Ben het ook op 15 Februarie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Byeenkoms by Mankele Bike Park, Mbombela gaan deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button