Ponie en haar ruiter behaal groot sukses
In die Graded-afdeling word daar tussen ponies en perde onderskei vanweë die feit dat ponies baie kleiner en vinniger as perde is.
Leandri Herselman en haar perd, Aced-it, het baie vermag in die kort tydjie wat hulle saam meeding.
Die 10-jaar oue Laerskool Helderkruin-leerder het vir die eerste keer in 2019 aan ‘n kompetisie deelgeneem, en het sedertdien heelwat bereik. Op 1 November het hulle die 60m-kampioenskap by die Cornerstone International Classique gewen. Die kompetisie is in Pretoria gehou, en daar was twee afdelings: Graded en Recreational. Leandri het aan die Graded-afdeling in die Pony Riders-kategorie deelgeneem omdat sy verbonde is aan South African Showjumping.
In die Graded-afdeling word daar tussen ponies en perde onderskei vanweë die feit dat ponies baie kleiner en vinniger as perde is.
Leandri is so bly dat sy die kompetisie gewen het. Sy het gesê dat perdry ‘n mens baie nederig hou omdat jy die een dag bo is en dan die volgende dag weer van voor af moet begin. Sy is so dankbaar vir alles wat haar perd regkry, of hulle wen of verloor, en sy is so lief vir hom dat sy vyf dae van die week by Aced-it by die stalle is.
Leandri en haar ma, Yolandie, bedank ook graag hul perdeversorger, Justin Sakala, wat so ‘n groot rol speel. “Ons as ruiters sou niks kon doen sonder mense soos Justin nie.”



