Local sportSport

Kruiners se superruiter

Laerskool Helderkruin is baie trots op die uitstekende uitslae wat Leandri tot dusver vanjaar behaal het..

Toe ons laas van Leandri Herselman gehoor het, het die 10-jarige Laerskool Helderkruin-leerder pas ‘n 60m-kampioenskap by Cornerstone International Classique gewen. Sedert November het Leandri en haar wenperd, Aced-it, nie veel ruskans gehad nie en hul harde werk het vrugte afgewerp. Hulle het reeds dié jaar nog ‘n paar oorwinnings behaal.

Laerskool Helderkruin is baie trots op die uitstekende uitslae wat Leandri tot dusver vanjaar behaal het. Op 27 Februarie het sy en Aced-it aan die Training SANESA (Skoleliga-byeenkoms) in drie kategorieë deelgeneem. Hulle twee eerste plekke en een derde plek verower – hulle was eerste in die Preliminary Dressage Test 1, eerste in Working Riding Level 3, en derde in die Preliminary Dressage Test 2.

Leandri Herselman en haar wenperd, Aced-it. Foto: Verskaf.

‘n Week later, op 6 Maart, het Leandri nog ‘n eerste plek behaal, dié keer in die Recreational A2 Showjumping met ‘n hoogte van 70cm. Hierdie talentvolle ruiter sal sekerlik nog groter sukses in haar sport behaal, en sy sal op 27 en 28 Maart weer ‘n kans kry om dit te bewys.

Die Kruiners het Leandri sterkte toegewens vir 27 Maart wanneer sy aan Dressage en Working Riding sal deelneem. ‘n Dag later, op 28 Maart, sal sy aan die 80cm Showjumping by die Maple Ridge Equestrian Farm deelneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button