Local sportSport

Laerskool Horison-netbalspan ontmoet Proteas-kaptein persoonlik

Ster-speler deel wenke oor hoe om gefokus te bly op 'n loopbaan in netbal.

‘n Ontmoeting met ‘n nederige rolmodel kan inspirasie, hoop en vasberadenheid aanwakker.

Die o.13-netbalspan van Laerskool Horison is op 3 Mei by die Ampie Barnard-sportkompleks getrakteer met ‘n persoonlike ontmoeting met die Spar Proteas-kaptein, Bongi Msomi. Die leier van die nasionale span, wat in KwaZulu-Natal grootgeword het en tans werksaam is by die Universiteit van Johannesburg, het vrae beantwoord en advies gegee aan die opgewonde jong dames.

Afrigter Joane Dreyer en Spar Proteas-kaptein, Bongi Msomi. Foto: Jarryd Westerdale.

Die meisies het Bongi uitgevra na haar suksesresep en wat dit verg om suksesvol te bly. “Ek het eerlikwaar nooit geweet dat ek ‘n netbalspeler sou word nie. Ek het eers in Graad 11 begin speel, maar ek het na elke oefening agtergebly en aan my vaardighede gewerk,” het die ster vertel.

Bongi, wat reeds meer as 100 wedstryde vir haar land gespeel het, is ewe tuis op senter as aanvallende vleuel, en het die jong netbalspelers aangemoedig om so veelsydig moontlik te wees. “Toets jouself in verskeie posisies sodat jy ‘n afgeronde netbalspeler kan word,” het sy die spelers aangemoedig. Afrigting is ook belangrik, omdat Bongi twee oefensessies per dag vier dae per week aanbied. “Ek sorg dat ek my tyd vandag beter gebruik as gister.”

Die o.13-netbalspan se afrigter, Joane Dreyer het vir Bongi bedank deur te sê, “’n Groot dankie van Laerskool Horison se o.13-netbalspan aan Bongi Msomi. Ons bedank haar vir haar tyd en kennis; die meisies het soveel geleer.”

Die Spar Proteas-kaptein wat die netbalbaan as haar ‘gelukkige plek’ beskryf, het beklemtoon dat geestelike en fisiese voorbereiding ewe belangrik is. ‘Waardeer jou afrigters, want jy het besluit om jouself tot netbal te verbind. Onthou dat niks jou keer om so suksesvol te wees as wat jy wil wees nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button