Local sportSport

Kruiners se gimnaste op pad Orlando toe

Die Kruiners is baie trots op hierdie twee ontluikende gimnaste, en beskryf hulle as toegewyde en hardwerkende dogters vol passie, vasberadenheid en groot drome.

Die dissipline, krag en talent wat nodig is om ‘n topklas-gimnas te wees, kan intimiderend wees, maar as die harde werk vrugte afwerp en jy ‘n voltooide roetine kan sien, is dit alles die moeite werd.

Misha Roux en Jànike Meintjies is toegewyde, hardwekende gimnaste wat soms meer as 22 uur per week oefen. Die hoëvlak-gimnaste oefen by die Johannesburg Gimnastieksentrum (JGC) in Newlands, ‘n gesogte gimnasium wat reeds die Olimpiese gimnas, Caitlin Rooskrantz, opgelewer het wat vir die Tokio Spele 2021 gekwalifiseer het.

‘n Collage van Jànike Meintjies se beste gimnastiekbewegings. Foto: Verskaf.

Biede dogters is leerders by Laerskool Helderkruin; Misha is in Graad 4 en Jànike is in Graad 5. Die Kruiners is baie trots op hierdie twee ontluikende gimnaste, en beskryf hulle as toegewyde en hardwerkende dogters vol passie, vasberadenheid en groot drome. Mishe en Jànike is pas gekies om deel te wees van die JGC-span wat in Junie en Julie aanstaande jaar in Orlando, Florida aan die USAIGC (United States Association of Independent Gymnastics Clubs) Wêreldkampioenskappe gaan deelneem. “Dit is ‘n ongelooflike geleentheid van onskatbare waarde vir Misha en Jànike om sulke internasionale ervaring op te doen. Ons wens hulle alle sterkte toe vir die voorbereiding vir die groot geleentheid,” het die Kruiner-familie gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button