Local sportSport

Havies se hokkiespelers is sterre

Die finale proewe het in die tweede week van Augustus plaasgevind.

Laerskool Dr Havinga spog met ‘n merkwaardige getal hokkiespelers wat onlangs die D12-span gehaal het.

Die finale proewe het in die tweede week van Augustus plaasgevind waartydens 13 Havies vir hul onderskeie ouderdomsgroepe gekies is.

Francois Botes, Ethan van Quickelberge, Ethan Hulme en Kyle Herbert is opgewonde oor die komende toernooi. Foto: Alanicka Lotriet.

Die leerders is soos volg:
o.12-seuns
• Francios Botes
• Ethan van Quickelberge
• Ethan Hulme
• Kyle Herbert
• Diederick van Eden

o.12-dogters
• Janzel-Marie Lennon
• Lara Erasmus
• Khanyisile Sithole

0.13-dogters
• Anuska Roslee
• Anaska Roslee
• Morgan Reedijk
• Marchel Wagenaar
• Mia Khourie

Volgens hokkie-organiseerder en o.12-dogterspanafrigter, Alet Blom sal die leerders binnekort ‘n oefenkamp bywoon waarby hulle sal baat vir die komende toernooi in Oktober.

“Dit sal ook die o.13-spelers voorberei vir die Suid-Gautengse proewe wat na verwagting in September sal plaasvind. Die afrigters gaan die spelers nou oefen, oefen, oefen sodat hulle gereed is vir wat kom,” het sy vertel.

“Dis vir ons baie lekker om weer te kan speel. Ons het lanklaas so ‘n groot groep gehad wat deurgedring het. Ons is regtig trots op hulle en ons hou duim vas vir die leerders. Hulle is ons sterre en ons weet sommer hulle gaan baie goed vaar.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button