Local sportSport

Florries wens oud-leerder, Joseph Dweba, sterkte toe voor All Blacks-wedstryd

"Ons sal beslis die wedstryd kyk, nie net myself en die skool nie, maar die hele land."

Hoërskool Florida het op hul Facebook-blad hul beste wense aan oud-Florrie Joseph Dweba gestuur vir Saterdag se kragmeting tussen die Springbokke en die gewonde All blacks.

Die skool se rugby-organiseerder en hoof van bemarking, Morné Hanekom, het gesê dat onderwysers en leerders voor hul skerms vasgenael sal wees terwyl die vasberade Dweba in een van die grootste wedstryde van sy loopbaan speel.

Dweba het Hoërskool Florida in Graad 11 verlaat en ‘n kontrak met die Vrystaat Cheetahs eerbiedig wat bepaal het dat hy sy matriek by ‘n skool in die provinsie sou voltooi.

Lees ook: https://www.citizen.co.za/roodepoort-record/2014/01/27/sa-skolerugbyspeler-van-florries-het-groener-weivelde-gekry/

“Van die skool se kant af moet hy net daarheen gaan en homself geniet, in die oomblik leef en niks as vanselfsprekend aanvaar nie. Hy moet net uitgaan en speel en sy land, skool, familie en vriende verteenwoordig, van die skool se kant af is ons uiters trots op hom, ons weet dat hy sal uitgaan en alles gee. Ons sal beslis die wedstryd kyk, nie net myself en die skool nie, maar die hele land. Ek dink almal is opgewonde oor hierdie wedstryd, veral vir die kans aangesien dit ‘n beter jagveld vir die Springbokke op Ellispark is,” het Morné gesê.

Die jong haker is in die Springbok-beginspan opgeneem voor Saterdag, 13 Augustus, se tweede Rugbykampioenskap-kragmeting met die All Blacks op Ellispark nadat Bongi Mbonambi tydens die oefening seer gekry het.

Hy het regdeur sy junior loopbaan vir die Goue Leeus gespeel en sy provinsie by die nasionale o/16- en o/18-toernooie verteenwoordig.

Dweba wat verlede jaar in wedstryde teen Wallis in Bloemfontein en Argentinië in Gqeberha begin het, sal saam met sy voormalige Cheetahs-spanmaat Ox Nche in die skrum sak. Hulle het saam deur die SA Rugby se nasionale ontwikkelingskanale gevorder, en ook saam vir die Junior Springbokke en SA -skolespan uitgedraf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button