Local sportSport

Western Gauteng snoeker fondsinsameling

Die Western Gauteng snoekerspan het fondsinsameling gehou.

Die Western Gauteng snoekerspan het onlangs ‘n fondinsamelingtoernooi by Radicals gehou.
Al die spelers van die nasionale span het bymekaargekom om die geleentheid te reël.

Lees ook: Rusty Hook’s 8ball pool teams dominate 2022

JM Smith en Quinton Du Plessis het eersteplek verwerf in die kompetisie. Foto: Supplied.
Ricky Reddy, lid van die meesterspan. Foto: Chanté Bolton.

Die doel van die fondsinsameling het Heleni Bell, een van die organiseerders van die aangeleentheid, vertel, was om fondse bymekaar te maak vir die lede wat in April aan die nasionale kampioenskappe in Saldanhabaai gaan deel neem, aangesien al die spelers hulle eie onkostes moet dek en bowenal om pret te hê.

Lees ook: Pool champion looks forward to the All Africa Games

Maryna Claassen en Pierre Walters het tweedeplek verwerf. Foto: Supplied.

Elke persoon wat deelneem aan die toernooi kies vir hulle ‘n speler uit die lys van spelers, bestuurders en skeidsregters wat deel vorm van die SA-span en in spanne van twee ding hulle mee.

Quinton en Aldric Human het derdeplek verwerf in die kompetisie. Foto: Supplied.
Rodney Brown. Foto: Chanté Bolton.

Daar was pryse uitgedeel vir eerste-, tweede- en derdeplek in die kompetisie. JM Smith en Quinton du Plessis het met die prys vir eersteplek weggestap, terwyl Pierre Walters en Maryn Claassen spog met tweedeplek en Quinton en Aldric Human met ‘n derdeplek.

Die span wil verder graag die bestuur van Radicals bedank vir die gebruik van hulle lokaal.

Related Articles

 
Back to top button