Sport

Hoë standaarde by 2024 Danie Voges stoeitoernooi

Meer as 100 jong stoeiers het aan die 2024 Danie Voges Stoeitoernooi deelgeneem.

“Stoei is die oudste sport wat reeds in Genesis genoem word en is deel van die ‘ancient Olympic sports’. Dit volgens Louise Loots van die Sentraal-Gauteng Stoeifederasie, wat die afgelope naweek die jaarlikse Danie Vogus Stoeitoernooi behartig het.

Die toernooi is op 12 April deur die Danie van Zyl Stoeiklub in Claremont aangebied, met ‘n allemintige 109 jong stoeiers wat vir die kompetisie ingeskryf het.

Volgens Louise het die uiters gewilde kompetisie ‘n raps oor die 90 wedstryde vir die dag opgelewer.

“Danie van Zyl Stoeiklubklub het 19 stoeiers ingeskryf en ‘n allemintige 17 medaljes verower, waaronder vyf goud, 10 silwer, en twee brons,” sê sy.

Die skeidsregter beslis ‘n val.

Die Sentral-Gauteng Stoeifederasie bestaan uit vyf plaaslike stoeiklubs insluited Die Ruiter, Bears, Danie van Zyl, Wesrand Stoeigimnasium, en Genies, wat ‘n betreklike nuwe klub is.

Die Ruiter het 21 stoeiers vir die kompetisie ingeskryf en ses gouemedlajes, sewe silwermedjales, en een bronsmedalje ingepalm.

Eagles het met 13 stoeiers agt gouemedaljes en vier silwermedaljes verower.

Wesrand Stoeigimnasium, met 11 stoeiers, het drie gouemedaljes en vyf silwermedaljes ingeryg, terwyl Bears met vyf stoeiers een goue- en een silwermedalje gewen het.

Volgens Louise het klubs van ander provinsies ook die kompetisie bygewoon om hul medestoeiers te ondersteun.

“Klubs van Noord-Gauteng, Ekurhuleni, en die Noordwes het ook bygewoon.”

Louise voeg by dat beide seuns en meisies deelgeneem het. “Die wenner van die trofee vir meisies, was maar ses jaar oud,” sê sy.

“Die kompetisie het glad verloop en klubs het uitmuntende sportmanskap gewys en mekaar ongelooflik goed ondersteun.”

Related Articles

 
Back to top button