Sport

Kruiners presteer by Super 12

Laerskool Helderkruin het puik presteer tydens die AfriForum Sport en Kultuurkompetisie.

Laerskool Helderkruin het op 6 April tydens die AfriForum Laerskole Super 12 Sport en Kultuurkompetisie, wat by Laerskool Helderkruin aangebied is, weereens hul staal op die sportveld gewys.

Helderkruin se rugby- en netbalspanne het in hierdie been van die reeks teen Laerskool Collegepark en Laerskool Middelburg te staan gekom.

Die Goue Leeus se gelukbringer het ook ‘n draai by die Super 12 kompetisie gemaak.

Van die begin af was dit duidelik dat beide besoekende skole besigheid bedoel, maar dit het die Kruiners nie van stryd gebring nie.

‘n Kruiners-speler storm vreesloos op die opposisie se spelers af.

Laerskool Helderkuin se eerste rugbyspan, die Kwaggas, en die eerste netbalspan, die Chillies, het in eerste- en tweede plek onderskeidelik geëindig.

Kruiners se netbalspanne het deurentyd vir baie aksie op die baan gesorg.

Die Kruiners se o11 netbalspan het ook ‘n tweede plek behaal, terwyl die o12 netbalspan derde geëindig het. Die o10s het ‘n sesde plek losgeslaan.

Sterk verdediging is net so belangrik soos ‘n onstuitbare aanval.

Kruiners se o9 rugbymanne het vierde plek in hul groep gevat, die o10s het 11de geëndig, en die o11s het in sewende plek in hul groep verseker.

Related Articles

 
Back to top button