Sport

Horie netbalspeler het ‘n uitstekende seisoen

Laerskool Horison is trots op een van hul spelers wat vir die Gauteng-span gekies is.

Die 2024 netbalseisoen het tot ‘n einde gekom, en Laerskool Horison is trots op al die spanne en toegewyde afrigters wat hierdie seisoen moontlik gemaak het.

Hulle wil ook hul o13-speler Suné Coetzee gelukwens wat hierdie seisoen geweldige toewyding en uiterste sportvernuf getoon het en gekies is om deel van die Gauteng-span te wees.

Hierdie geleentheid was ‘n groot prestasie vir hierdie jong ster, aangesien sy die geleentheid gehad het om die netbalbaan met ander laerskole regoor Gauteng te deel, en om deur professionele persone gelei en afgerig te word, het haar ervaring as netbalspeler verder verstewig.

Die Gauteng-span het gedurende die Junie-vakansie aan die All Ages Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem, en hul span het vyfde in die algehele toernooi geëindig.

Volgens Maria-Lise Pieters van die skool se bemarkingspan is Suné ‘n graad 7-leerder by die skool en is nie net betrokke by netbal nie, maar speel ook hokkie, en dit maak hulle baie trots om te sien hoe hul leerders hul doelwitte bereik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button