Sport

Hories presteer by interlaer

Laerskool Horison neem die veld op horings tydens interlaer.

Laerskool Horison se atlete het puik presteer tydens die jaarlikse interskolebyeenkoms wat vroeër in Februarie gehou is.

Van die eerste skoot tot die laaste oorwinning was die energie aansteeklik.

Annebelle Schutte (o13).

Volgens die skool se skakelbeampte, Maria-Lise Pieters, was die interlaer niks minder nie as ongelooflik.

“Dit was ’n ware viering van gees en deursettingsvermoë,” sê sy.

“Ons skool het uitstekend gevaar, met 46 van ons atlete wat vir die Roodepoortkampioenskappe gekwalifiseer het.”

Pieters het namens die skool hul dank uitgespreek aan al die ouers, afrigters, atlete en ondersteuners.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button