Sport

Florrie-meisies oorheers krieketliga

Florries staan 'n sterk kans om as algehele wenners uit die liga te tree.

In slegs hul tweede bestaansjaar het Laerskool Florida se meisieskrieketspan tot bo aan die Gauteng-Wes Groep A-ranglys beweeg deur die heersende kampioene, Laerskool Kenmare, te onttroon.

Verlede jaar het hulle amper die paal gehaal, maar in die finaal teen Kennies, wat wyd bekend is vir hul sportvernuf, verloor.

Volgens organiseerder en afrigter, Dala Greyling, het die skool verlede jaar vir die eerste keer meisieskrieket aangebied, met 20 dogters van graad 4–7 wat deelgeneem het.

“Florrie-meisies het die kans met albei hande gegryp en met harde werk en deursettingsvermoë fantastiese vordering gemaak,” sê sy.

“Tot so ‘n mate dat ons tot die finaal deurgedring het. Kennies was net eenvoudig te sterk, maar dit het ons net aangespoor om ons aanslag hierdie jaar te versterk.”

Groep A-skole sluit Kenmare, Monument Primary School, Helderkruin, Dr Havinga en Millennium in. Groep B bestaan uit Fairland, Rapportryer, Fontainebleau, Kid Maponya (Kagiso), Randfontein, West Gold Primary en Muldersdrif.

Dala sê die meisies se toewyding en vasberadenheid was merkwaardig:

“Hulle het so hard gewerk. Ek bars van trots om te sien hoeveel vordering hulle in so ‘n kort tydjie gemaak het.”

Die span se harde werk het ook die aandag van plaaslike besighede getrek.

Warrior Paints Ruimsig het vir die span ‘n vrag kriekettoerusting geskenk, insluitend kolwe, balle en beenskutte, terwyl ander besighede uniforms en sportsakke geborg het.

“Ons meisies kan nou met trots in hul pragtige uniforms die veld betree,” sê Dala.

“Die volgende stap is die wedstryd teen die Groep B-wenners. Hulle is nog besig met hul liga, dus sal ons eers later weet teen wie ons te staan gaan kom.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button