Sport

Witpoortjie Rolbalklub verseker deelname vir siggestremde spelers

Drie siggestremde rolbalspelers van Witpoortjie Rolbalklub is op pad na die nasionale kampioenskappe waar daar groot dinge van hulle verwag word.

Die Witpoortjie Rolbalklub het op Saterdag, 31 Januarie, hul finale fondsinsameling ten bate van drie siggestremde spelers gehou om hul deelname aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Kampioenskappe vir Gestremde Rolbalspelers moontlik te maak.

Hierdie fondsinsameling het die vorm aangeneem van ’n splinternuwe rolbalkompetisie, genaamd die Bacon and Bias Cup, wat tussen verskeie klubs onder die vaandel van die Sables Rolbalassosiasie gespeel is. Die deelnemende klubs sluit Discovery, Florida-Noord, Leases, Honeydew, Krugersdorp, Maraisburg, Noordheuwel, Randfontein en Rustenburg in.

Volgens die klub se tesourier, Tommy Smith, is die kompetisie se naam aan die pryse wat op die spel was, te danke.

Die eerste prys was twee varke, en die tweede prys ’n varkmandjie; albei geborg deur Pick n Pay.

“Die dag is ruim ondersteun deur al die klubs van die Sables-distrik en daar is rolbal van uitstaande gehalte gespeel. Die beste van alles is dat ons met hierdie dag ons doelwit bereik het en genoeg fondse ingesamel het om ons spelers se deelname aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te verseker,” het hy gesê.

Die betrokke spelers is die huidige wêreldkampioen en twintigmalige Suid-Afrikaanse kampioen, Tracey Smith, asook Reg Smal en Salome Morries. Met hul deelname aan die Disability Nationals nou verseker, is die verwagtinge vir die trio besonder hoog.

“Hulle is die enigste siggestremde rolbalspelers in die Sables-distrik,” het Tommy beklemtoon.

“Boonop word hulle as van die top siggestremde spelers in die land beskou. Ons twyfel nie daaraan dat hulle ons distrik en klub baie trots gaan maak nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button