Local sport

Poorte maak skoonskip teen Wasps

Roodepoort Rugbyklub het tydens hul vriendskaplike wedstryd teen Edenvale se Wasps Saterdag gewys dat hulle van plan is om ver te kom hierdie seisoen.

Roodepoort Rugbyklub se onderskeie spanne het Saterdag 9 Mei op hul nuwe tuisveld by Hoërskool Florida skoonskip gemaak in hul vriendskaplike wedstryde teen die Wasps van Edenvale.

Die dag het uitstekend vir Poorte begin toe hul o19-span van die afskop af beheer geneem en die besoekers met 28–0 geklop het.

Wasps kon nie die mas teen Poorte opkom nie. Foto: Johan Meyer 

Poorte se o21-span het daarna die oorhand behou in ’n wedstryd waarin die Wasps meer weerstand gebied het. Ten spyte van die besoekers se verbete poging om die tuisspan in toom te hou, het Poorte met 33–14 geseëvier.

LEES OOK: Drie Ou Ballies pak hul grootste fietstog nóg aan

In die derde span wedstryd het die Wasps geen antwoord op Poorte se herhaalde aanvalle gehad nie en moes hulle ’n 28–0 nederlaag verduur.

Die Wasps se tweede span het hard probeer terugveg, maar kon nie bybly met ’n formidabele Poorte-span nie. Poorte het keer op keer deur die verdediging gebreek en die wedstryd met ’n oorweldigende 73–5 gewen.

Goeie spanwerk en kommunikasie op die veld het vir Poorte die wen verseker. Foto: Johan Meyer 

Die eerste spanne se kragmeting het in ’n vernederende nederlaag vir die Wasps geëindig.

In ’n dominante vertoning het Poorte van die eerste afskop af die tempo bepaal en die wedstryd met ’n indrukwekkende 90–0 gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Roodepoort Record in Google News and Top Stories.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button