NewsSchools

Dis amptelik – Cindi-Mari het talent

Sy het met die 'South Coast’s got Talent' die meeste stemme verower.

EEN van die pilare in Suid-Natal Primêr se landsdiens is liefde vir ons medemens. Met sakke vol klere en speelgoed, wat met behulp van die hele skool ingesamel is, het die Suidie landsdieners hul jaarlikse besoek aan South Coast Hospice gebring. Hulle het ’n baie interessante inligtingsessie oor kanker bygewoon.

Die skool is baie trots op Louis Greyling en Eric Kruger wat die Southern KZN O13 krieketspan gehaal het. Hulle neem binnekort aan die inderdistrikte toernooi in Durban deel – voorspoed!

Onderlyding van Greta Bredell het 37 Suid-Natal leerlinge aan die Eisteddfod, by Creston College, deel geneem. Hulle het altesaam ses goue en 31 silwer diplomas verwerf en die skool is voorwaar baie trots. Sewentien van Suidies tree weer hierdie Vrydagaand, 23 Augustus, by die gala-aand by Creston, op. Cindi-Mari Buitendag het met die ‘South Coast’s got Talent’ die meeste stemme verower.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button