NewsSchools

Suidies is trots op sportsterre

Twee spelers het die SKZN rugbyspan verteenwoordig.

HOËRSKOOL Suid-Natal leerlinge Brendon Rademeyer en Colyn Grobler het die Suidelike KwaZulu-Natal O19 rugbyspan by die VKB rugbyweek in Reitz verteenwoordig. Hulle het die seisoen uitgeblink en dit was beslis nie ’n verassing toe hul vir die span gekies was nie. Brendon en Colyn was deel van die eerste vyftiental. Brendon was as een van die top 55 spelers in die week aangewys. Ongelukkig het Colyn tydens die tweede wedstryd seergekry. Suidies is baie trots op julle twee staatmakers. (Artikel deur Daniël Basson).

Die landloop atlete het teen Creston College gaan deelneem en die volgende uitslae behaal: O15 Anréhet Janse van Rensburg (1ste); O16 Verea Kritzinger (1ste), Reinhardt Bosse (6de), Steven Forster (7de), Arné Steyn (8ste); O17 Judy Smith (4de), Brian Steyn (3de), Frikkie Willemse (4de); ope Monja Potgieter (2de), Dylan Josht (2de),Mark van den Berg (4de).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button