HOËRSKOOL Suid-Natal atlete het aan die jaarlikse interskole byeenkoms te Kingspark deelgeneem. Altesaam het tien groot skole, tot so ver as Richardsbaai, aan hierdie byeenkoms deelgeneem en die kompetisie was straf. Suidies atlete spog met baie goeie uitslae. Atlete wat uitgestaan het is: Andrehette Janse van Rensburg (1ste – 800m en 1500m); Muller Booyens (1ste – spiesgooi); Danielle Smith (1ste – 1500m); Jeneva Grimmick (1ste – diskus); Oko Qwesha (1ste – verspring); Bronwin van Rooyen (1ste – spiesgooi) Brendon Rademeyer (2de – spiesgooi); Kyle Bowler (2de – 100m); Luan Bester (2de – spiesgooi); Sibosiso Ngengelele (2de – 800m en 1500m). Tydens ‘n onlangse aandbyeenkoms het Oko Qwesha, Sibosiso Ngengelele en Anrehette Janse van Rensburg eerste plekke behaal en kontant pryse ontvang. Welgedaan Suidies.
Komende gebeure: Vr 30/8: Landsdiens/civviesdag/lentebal. Sa 31/8: NG Kerkfunksie. Ma 2/9: eksamen rekord/kontrole toetse begin. Do 5/9: Afrikaans Olimpiade juniors. Vr 6/9 : Gholf vs Kuswag
