NewsSchools

Suid-Natal Primêr se ‘meester sjefs’ en ander brokkies

SNP se nuwe gesigte, ou bekendes

VYF Suidiespanne het verlede Vrydag by die hoërskool, aan ‘n hokkietoernooi deelgeneem. Dit was groot pret en pryse is aan die spanne uitgedeel. ‘n Heerlike landsdiensklub kamp is die afgelope naweek aangebied. Die ”Master Chef” kompetisie het baie talentvolle sjefs selfs hulself verbaas.

Vroeër hierdie kwartaal het die skool afskeid geneem van Elize Purèn na 21 jaar en ons wens haar ‘n heerlike aftrede toe. Baie welkom aan twee ou bekendes, Nicolette Jacobs by Gr 4 en Caylee Blewitt wat nou by die Gr R’e inskakel. Ons vertrou dat albei baie gelukkig sal wees.

Snps se gr 6 leerlinge het hierdie week meer oor die Grondwet en die Suid-Afrikaanse demokrasie geleer, asook die leiers wat ons land help bou het.

Die Gr 1 inskrywings vir 2014 sluit op 30 Oktober. Indien ouers nog nie hulle kind ingeskryf het nie, moet dit so gou moontlik gedoen word om teleurstelling te voorkom.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button