NewsSchools

Suidies se ‘muisies en dinge’

Die leerlinge het fluks gehelp en só meer geleer van kleingeld en winste.

SUID-Natal Primêr se graad een klassies het op 5 September hul markdag gehou. Die oulikste artikels en heerlikste eetgoedjies is te koop aangebied en ons bedank graag al die mammas wat so hard gewerk het om hierdie dag baie suksesvol te maak. Die leerlinge het fluks gehelp met die verkope en só sommer meer geleer van kleingeld en winste.

Suid-Natal Primêr leerling Charles Thompson model die kriekettoergroep se nuwe uitrustings.
Suid-Natal Primêr leerling Charles Thompson model die kriekettoergroep se nuwe uitrustings.

Ons graad twees leer op allerhande lekker maniere om Engels te praat. Om ‘Hickory Dickory Dock’ aan te leer het die leerlinge pragtige muisies gemaak met afdrukke van hul geverfde voetjies, en so dan van ‘tails, feet, whiskers, ears and their sharp little teeth’ geleer.

Die eerste krieketspan gaan gedurende die skoolvakansie op toer en hulle word alle voorspoed en genot toegewens. Verder, die komende skoolvakansie gee almal ‘n kort blaaskans en sal verfris vir die laaste kwartaal.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button