NewsSchools

Suidies behaal atletiek sukses

Sweetdale was ’n suksesresep vir ’n bobaas prefektekamp.

TIEN Hoërskool Suid-Natal atlete het onlangs aan die Treverton atletiek-byeenkoms te Mooirivier deelgeneem. Net die beste atlete van skole regoor KwaZulu-Natal neem aan hierdie byeenkoms deel. Uit die byeenkoms is ‘n Pietermaritzburg en distrikte span gekies wat op 5 Oktober in Bloemfontein, asook aanstaande jaar in Pretoria, sal deelneem.

Die Suidies atlete wat vir hierdie span gekies was is Bronwin van Rooyen (spiesgooi), Luan Bester (spiesgooi), Oko Qwesha (verspring) en Nikkie Grobler (gewigstoot en diskus).

Suidies prefektekamp leerlinge Carmen Botha en Nicki-Mari Grobbelaar net voor hulle die glykabel aanpak.
Suidies prefektekamp leerlinge Carmen Botha en Nicki-Mari Grobbelaar net voor hulle die glykabel aanpak.

Verlede Vrydag het 22 prefekte en twee onderwysers vol ywer en entoesiasme na Sweetdale vertrek. Dit was ‘n suksesresep vir ‘n bobaas prefektekamp. Die organiseerders het almal met abseiling, siplyne en die hindernisbaan besig gehou. Dankie Sweetdale, dit was ‘n ervaring van ‘n leeftyd.

Komende gebeure: Vrydag 20 September, LSEN afskeid en skole sluit.

Saterdag 21 September: Damestee, Hervormde Kerk.

Dinsdag 1 Oktober: Skole heropen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button