DIE afgelope paar weke het die beursies en harte in Hoërskool Suid-Natal wawyd oopgestaan. Suidies het tou gestaan om T-hemde, knope en pienk strikkies te koop ter ondersteuning van borskanker. Drie graad 10 leerlinge, Carla du Plessis, Ilze de Wet en Melissa de Wet het seker gemaak dat almal ‘n gul bydrae tot hierdie kosbare hartsaak gemaak het.
Die gemeenskap het bankvas agter ons gestaan en die ‘Pienk Parade’, wat al die afgelope drie jaar deur Suidie leerlinge gedryf word, was ‘n reuse sukses.
We would like to thank everyone who freely gave of their time and effort to help our school raise a substantial amount for this worthy charity. It is so encouraging that teenagers are willing to get involved in charity work and it promises a brighter future if young people look beyond themselves.
Komende gebeure
10 Oktober: Revue; 11 Oktober: Revue – Barnyard; 17 Oktober: Prysuitdeling: juniors 12.30nm en seniors 18:30nm; 18 Oktober: Graad 12 kerkdiens.
