SUID-NATAL Primêr se eeste krieketspan het gedurende die vakansie ’n baie aangename toer na Pilanesberg onderneem. Die spelers se gedrag was onverbeterlik en wonderlike spangees is tydens die toer opgebou. Afrigtingsessies was leersaam en die wedstryde was in goeie gees gespeel.

2013 se prefekte het die afgelope naweek ’n leierskamp bygewoon. Leierseienskappe is op die proef gestel en probleme moes opgelos word. Met die hindernisaktiwiteite is elke prefek tot die uiterste beproef, maar almal het dit geniet en ongeskonde daarvan afgekom. Sweetdale se bestuur en professionele gidse was van die boonste rakke.
Sowat 40 leerlinge het by die hospice sangfees opgetree en weereens het Greta Bredell gesorg vir ’n lieflike Afrikaanse ensemble.

SNPS verwelkom graag vir Caren Pretorius in die kantoor. Hoewel Caren verskeie verpligtinge het, sal sy veral verantwoordelik wees vir skoolfondsinvorderings.
