NewsSchools

Colyn is HSN se dux

Charné Els en Carla du Plessis was met spesiale kultuurtoekennings vereer.

VEELS geluk aan Suidie Colyn Grobler wat as die dux leerling aangewys is. Colyn ontvang ‘n kontantprys geskenk deur Idwala Carbonates en ‘n sertifikaat vanaf Hibiscus Munisipaliteit.

Tydens die jaarlikse prysuitdeling is twee leerlinge met spesiale kultuurtoekennings vereer. HSN is baie trots en wens hulle geluk met die pragtige prestasies. Charné Els het die ‘English – best speaker’ toekenning ontvang en Carla du Plessis het met die volgende welverdiende toekennings weggestap: Afrikaans – redenaar van die jaar; English – most versatile speaker in English activities, en die 2014 Rapportryers kultuurtoekenning.

Charné Els en Carla du Plessis was verlede week deur die skool vereer met spesiale kultuurtoekennings.
Charné Els en Carla du Plessis was verlede week deur die skool vereer met spesiale kultuurtoekennings.

Baie geluk aan gr 12 hoofstroom vakpryswenners Wayne Diedericks (toerisme); Haven Storbeck (wiskundige geletterheid); Leann Myburgh (ingenieursgrafika en ontwerp, siviele tegnologie); Danielle Smith (computer application technology, beste prestasie); Yoomee van Onselen (Afrikaans, verbruikerstudies, mees veelsydige leerling in Afrikaans); Natasha Klopper (computer application technology, beste vordering); Melissa Barkhuizen (fisiese wetenskappe); Sharon Posthumus (rekeningkunde); Jamey Olkers (wiskunde), en Vian du Plessis (lewenswetenskappe, geografie, tweetaligheid, Engels, lewensorientering, besigheidstudies, en English (veelsydigste leerling).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button