‘n ‘IMMERGROEN Ouerskapskursus’ is verlede Saterdag by Suid-Natal Primêr aangebied en ouers en leerkragte is, onder andere, ingelig oor kinders se karakters en hoe om dié karakters te erken en bevorder.
SNP bedank graag aanbieder onderwyseres Marelise Nel, asook Wynand Smith van Helpende Hande, wat die versnaperinge voorsien het vir hierdie baie leersame aanbieding.
Grade 4 tot 7 het die afgelope 2 weke eindeksamens geskryf dus is die sportveld baie stil.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
