DANKSY AfriForum se goedhartigheid het HSN se landsdieners hul die afgelope tyd met ‘n boomplantprojek besig gehou. AfriForum het die skool met ‘n interessante verskeidenheid boompies verras in die hoop dat dié bome in die jare wat voorlê skadu langs die sokkerveld sal verskaf.
Om ‘n gat te grawe verg spiere, energie en tyd, en dit het die gr 10 seuns aan die skool bewys voor landsdieners die plantsessie kon aanpak.

Opreg dankie aan Wessel Pretorius van AfriForum, Margate, vir sy moeitevolle reëlings en besielende boomplantseremonie. Hy het ‘n simboliese parallel getrek tussen die waarde van bome en die lewe van ‘n mens. Baie dankie ook aan Chris Fourie, provinsiale koördineerder van AfriForum, vir sy algehele steun.
Suidies wens Nasionale-kampgangers wat Natal gedurende Desember in Stellenbosch gaan verteenwoordig, baie sterkte toe. Hartlike bedankings aan borge wat so ruim skenkings gemaak het om die kostes te help dek, Ramsgate Lions, Joep Joubert en Wim Buitendach (Vongo Brick & Block) en Jaco Venter (Hyundai Margate).
