NewsSchools

SNP leerlinge kook lekker sop

Suidie sterretjies het hul lyfies geskud met groot pret.

NA hul laaste eksamen het SNP se gr 7 leerlinge vir oulaas ‘n tegnologie ‘klas’ gehad en heerlike sop op ‘n gasstoof gekook. Elkeen het ‘n beurt gekry om die pot te roer en selfs die personeel kon ‘n koppie daarvan geniet. Goeie herinneringe van die laerskool.

Gr 7 leerlinge Heinie Pretorius (links) en Freek Botha hou 'n ogie oor die pot smullekker sop.
Gr 7 leerlinge Heinie Pretorius (links) en Freek Botha hou ‘n ogie oor die pot smullekker sop.

Die skool se jaarlikse gr R konsert en gradeplegtigheid het verlede Woensdag plaasgevind. Die konsert se tema was ‘Greased Lightning’ en Suidie sterretjies het hul lyfies geskud met groot pret. Die aand is afgesluit met die saamsing van Kersliedjies. Die skool wens al die klein leerlinge sterkte toe vir volgende jaar se gr 1.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button