SUID-NATAL Primêr se senior prysuitdeling het op 3 Desember plaasgevind. Dit was ‘n uitmuntende geleentheid waartydens leerlinge vereer is met pragtige trofeë, sertifikate en kontantpryse vir hul harde werk.
Boekpryse vir die beste akademiese presteerder in elke gr 7 klas gaan onderskeidelik aan Jessé Nell, Ankia Stander en Michelle Kretzschmar. McKayla du Bruyn, Jeandré Joubert en Léandre Nel was boekpryswenners in gr 6, en in gr 5 was dit Renier Jacobs, Wiaan Potgieter met Gideon Smith in SPO2.
Trofeë vir die veelsydigste leerders gaan aan Renier Jacobs (junior seuns), Pieter Gouws (senior seuns), Carla Kretzschmar (junior dogters) en Michelle Kretzschmar (senior dogters). Baie geluk aan al die uitblinker leerlinge, asook die koor, wat die aand met pragtige sang afgerond het.
