NewsSchools

Suidies verwelkom ‘Shrekkies’

Gr 8 leerlinge was verlede Vrydag bietjie touwys gemaak om wat van hoërskool te verwag.

HOËRSKOOL Suid-Natal het verlede Vrydagaand die nuwe gr 8 leerlinge bietjie touwys gemaak om wat van hoërskool te verwag.

Hulle het met speletjies en boeresport afgeskop en dit was groot pret om te sien hoe die outjies gekonsentreer het om die aartappel op die lepel te hou.

HSN se gr 8 'Shrekkies' het verlede week die eerste kwartaal met speletjies en boeresport afgeskop.
HSN se gr 8 ‘Shrekkies’ het verlede week die eerste kwartaal met speletjies en boeresport afgeskop.

Gr 8 leerlinge het die eerste sokkie in skooldrag bygewoon, terwyl ouers heerlik gebraai het. Die res van die nag tot Saterdagoggend 6vm het sy eie pret opgelewer met ‘n middernagfees, spookloop en ‘n swemgala van ‘n ander formaat.

Dit was ‘n besonderse interessante en prettige aand en al is die gr 8 leerlinge nog nie ware Suidies nie, was dit ‘n goeie begin – so welkom ‘Shrekkies’. Komende gebeure: Januarie 29 – Krieket vs Creston eerstes (T20); Februarie 6: Interhuis swemgala.

Barend Helberg is een van HSN se nuwe gr 8 'Shrekkies'.
Barend Helberg is een van HSN se nuwe gr 8 ‘Shrekkies’.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from South Coast Herald in Google News and Top Stories.

Back to top button